NewsNews

Grasmere-vliegramp: Vliegtuie het elk ‘n vlieginstrukteur en student aan boord gehad

Grasmere-vliegramp: Vliegtuie het elk ‘n vlieginstrukteur en student aan boord gehad

Albei vliegtuie wat Maandag met mekaar by Grasmere, noord van Vereeniging, in die lug gebots het was Cessnas en het elk het ’n studentevlieënier en student aan boord gehad.

VEREENIGING. – Die ongeluk het tydens nagvlugopleiding, naby ’n baken bekend as Golf Alfa Victor by Grasmere, gebeur.

Stanton Lee Murray. Foto: Facebook

Die vliegtuie het in die lug met mekaar gebots en albei het neergestort.

Vier mense het hul lewens in die tragiese ongeluk verloor.

Drie van die oorledenes is geïdentifiseer.

Hulle is Keshav Sabharwal van Skyhawk Aviation, Roy Coates, ’n vlieginstrukteur van die Central Flying Academy en Stanton Lee Murray.

Keshav Sabharwal. Foto: Verskaf

Vlieëniers moet glo as deel van hul opleiding by die baken aanmeld en aandui hoe ver hulle daarvan is.

Dit is moontlik dat die  vlieëniers nie met mekaar gekommunikeer het nie.

Die Burgerlugvaartowerheid (BLO) is besig met ’n ondersoek om ’n moontlike oorsaak van die ongeluk te bepaal.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button