NewsNews

Tooi turkoois vir ons bejaardes

Tooi turkoois vir ons bejaardes

 

 

Tooi Turkoois is ‘n landwye veldtog vir die bewusmaking van bejaardesorg. Kom wys jy ondersteun ons bejaardes deur betrokke te raak op die volgende maniere: Tooi jou winkel, restaurant, huis, kantoor of gastehuis met turkoois lappe of strikkies vanaf 15 Mei tot 15 Junie. Jy kan ook ‘n lint, lap, armbandjie en ballonne by AMOT (Tweedelaan 15, Parys), koop om jou ondersteuning te wys

 

Nog ‘n idee is om ‘n geskenkpakkie op te maak en daarin items soos koekies, lekkers en toiletware te plaas en dit dan by ‘n tehuis vir bejaardes af te lewer. So kan jy ook vir ‘n bejaarde jou omgee wys.

 

Miskien is daardie pakkie net wat iemand in ‘n tehuis nodig gehad het. As jy graag nog meer inligting oor die veldtog wil hê, of wil hoor hoe jy andersins kan help of betrokke kan raak by die projek, skakel 084 580 6104 of 076 234 5525.  

 

 

     

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button