Van die VLU vroue wat die sakke oorhandig het, saam met die dokters van Parys-hospitaal. Agter van links is dr. Xhama, dr. Thamae, Bernadet van der Ende, dr. Belot, Louise Kriek, dr. Banutelo en dr. Kadima. Voor is dr. Kaberry. Foto: Verskaf
Vroue van die plaaslike Vroue Landbou Unie-tak (VLU) het vanjaar ‘n projek aangepak waarmee daar uitgereik is na dokters van Parys-hospitaal. Met die vroue se besoek aan die hospitaal is daar handgemaakte materiaalsakke aan die dokters oorhandig met ‘n bietjie bederf daarin. Van lekkergoed en sjokolade, tot ‘n energiedrankie, handeroom en handsaniteermiddel. Die handige sakke kan ook weer as skoensak gebruik word vir wanneer jy reis.
Me N.S. Malinga (links), CEO van Parys-hospitaal, saam met Bernadet van der Ende van die plaaslike VLU-tak, met van die sakke wat aan dokters by dié hospitaal oorhandig is, as deel van ’n projek wat vanjaar deur die VLU vroue aangepak is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.