Die 7-jarige Marianke van der Merwe van Parys, wat ook vanjaar een van die Little Miss Free State finaliste is, het Vrydag haar bydrae vir VVA se broodjiedag gegee. Die pragtige donkerkop graad 2-leerder van Parys Primêre skool het 20 brode vir die projek bymekaar gemaak. Die brode is Vrydag by die VVA-kantoor deur mnr. Freddie Scholtz, een van VVA se bestuurslede, in ontvangs geneem.

Marianke sal op 2 Oktober in Bloemfontein saam met die ander finaliste meeding om die kroon. Maar Marianke is nie die enigste Vrystater wat vanjaar deur die beoordelaars raakgesien is nie. Sandré Jenner van Koppies is ‘n finalis vir Teen Miss FS. Jy kan vir Sandré stem deur die kode 203 te SMS na 48068 (R5 per SMS), en vir Marianke deur die kode 204 te SMS na 48068 (R5 per sms). Beide Marianke en Sandré is deel van Parys Modelling Academy.

Sandre Jenner.




