News

PCS en Noag se Arkie vat hande met VVA

PCS en Noag se Arkie vat hande met VVA

 

Parys Christelike Skool (PCS) en Noag se Arkie is die tweede skool om vanjaar deel te neem aan Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) Parys se gemeenskapsprojek fondsinsameling. PCS en VVA stap al ‘n paar jaar hand aan hand as dit kom by fondsinsamelings. VVA sê dankie aan die personeel en ouers wat die kinders gemotiveer het om hul donasievorms te voltooi, en die fondsinsameling so geesdriftig ondersteun het.

“Ons by VVA waardeer jul positiewe gesindheid en entoesiasme om ‘n verskil te maak waar dit regtig nodig is.” Die fondse wat ingesamel is, sal verdeel word tussen die skool en VVA Parys. PCS sal sy gedeelte gebruik om die skoolterrein te verbeter, terwyl die VVA hul gedeelte sal gebruik om die maatskaplike nood in die gemeenskap te verlig.

“Dankie aan die skool, ouers en gemeenskap vir die puik pryse.” Die eerste prys is gewen deur Anri Herbst. Luca Rust (Noag se Arkie) wen die tweede prys, en Mariska Koekemoer die derde prys. Die troospryswenners was Chanté de Vos, Roxanne van den Berg, Kloé van den Berg, Melinke en Kaylee Zitzke  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button