NewsNews

’n Fees van kuns in verskeidenheid

’n Fees van kuns in verskeidenheid

 

Parysenaars kry Saterdag, 18 Desember geleentheid om ‘n verskeidenheid van kuns te sien wanneer talentvolle kunstenaars by Egweni River Lodge aan die Vaalrivier se oewer aan die werk sal wees.
Van die kunstenaars wat jy die dag hier kan ontmoet en sien werk, sluit in die talentvolle Graffiti skrywer, Drake en sy span, Top2 wat veral bekend is vir sy graffiti-kuns in Johannesburg, en ook deel vorm van die Johannesburg graffiti toere, asook die muurskilder Riot, sowel as landkunsskilders Gail Scott Wilson, bekend vir haar “magic trees”, en Erika Rudle.
Uitsonderlike kunstenaars in eie reg. Kom kuier saam van 08:00 tot 15:30 en geniet hierdie fees van kuns op die ongelooflike mooi terrein waar elke eerste Saterdag van die maand ook Hartelus-mark gehou word.
Saterdag, 18 Desember is daar dan ook ‘n spesiale Kersmark van 09:00 tot 15:00 by Egweni waar jy rustig kan piekniek hou langs die Vaalrivier, jou Kersinkopies kan doen by ‘n verskeidenheid van kuns- en handwerkstalletjies, en die ongelooflike kunstenaarstalent kan beleef.

 

 

Maar dit is nie al nie. Bring jou viervoet vriend en sommer die hele familie vir die ArtDog pret op Sondag, 19 Desember vanaf 09:00 wanneer die dorp letterlik rooi geverf word deur hondepote wat hul eie stempel gaan afdruk vir ‘n besondere kunswerk.
Die ArtDog pret begin by die heldergeverfde betonmuur in Boomstraat.

 

 

Daar is baie pryse te wen – die hond en eienaar wat die oulikste aangetrek is vir die dag, die beste honde-kunstenaar en selfs die hond wat hom/haarself die meeste geniet op die kunsuitstappie.
Daar sal genoeg verfstasies wees, stoppe vir ‘n snoephappie of twee, waterpunte en selfs swemstoppe vir wagter om lyf nat te maak
Elke hond gaan huis toe met sy/haar eie unieke kunswerk. As jy meer wil weet van dié pret, skakel vir Deon by 083 338 4234, of Karin by 083 409 9041.
Vrydagaand, 17 Desember en Saterdag 18 Desember kan jy ook nog uitsien na ‘n feestelike piekniek en Carols by Candlelight-aand saam met tenoor Stéfan Louw by die NG-gemeente Parys-Suid vanaf 19:00 tot 20:30.
Wat ook al jou vakansieplanne is – maak seker jy is in Parys die naweek van 17 tot 19 Desember. Meer inligting is op Instagram by @parysartsfestival te sien, of skakel Deon of Karin om jou stalletjie te bespreek.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button