NewsNews

Veel groter as ’n lemoen is dié pampoen

Veel groter as ’n lemoen is dié pampoen

   

Wat hy ookal pluk in sy groentetuin, gaan na die Najaarsrus kombuis, want vir die 73-jarige Albert le Roux van Najaarsrus is daar geen groter vreugde en trots as om iets vir sy medemens te doen nie.

Daarom deel hy graag die oes van sy groentetuin wat hy self instand hou, met die tehuis. Vrydagoggend was die trotse groenteboer sommer vroeg op pad na die Najaarsrus-kombuis met sy vrag lemoenpampoene in sy selfgeboude waentjie.

Die swaarste ’n yslike 5kg, en ’n uitdaging vir die kombuispersoneel wat nog nooit vantevore sulke groot pampoentjies moes kook nie.

Albert le Roux met sy oes uit sy groentetuin in die selfgeboude waentjie waarmee hy dit na Najaarsrus se kombuispersoneel neem. Op die foto hieronder kan die verskil in grootte tussen ’n normale lemoenpampoentjie en oom Albert se lemoenpampoene gesien word.

     

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button