News

‘Toe kyk ek vas in ’n pistool se loop’

‘Toe kyk ek vas in ’n pistool se loop’

   

 

Vir Cor Lourens sou Maandag ‘n doodgewone werksdag wees, behalwe dat hy nie by sy tuiskantoor sou wees nie, maar vroeg in Johannesburg moes wees vir ‘n vergadering by sy maatskappy se kantore. Cor het die oggend van sy huis by Vaaloewer gery en sou deur Vereeniging na Johannesburg ry. Op die R42 in Barrageweg het hy by die verkeerslig by Pick n Pay Bedworthpark gestop, en gewag dat die verkeerslig groen oorslaan. ‘n Wit Ford Everest met ‘n Gauteng registrasienommer het langs hom gestop.

Dit was omstreeks 05:45 die oggend. Toe die lig groen was, het albei weggetrek en Cor het versnel om by ‘n stadigbewegende vragmotor verby te gaan. Die Ford het ook versnel en in die oomblikke wat daarna sou volg het die Ford na sy voertuig toe beweeg en aanhoudend versnel wanneer hy versnel het. Kort daarna het Cor klapgeluide teen sy motordeur gehoor. Aanvanklik het hy gedink dat dit moontlik ‘n opskietklip was wat sy voertuig getref het, maar die Ford se bestuurder was heeltyd by hom en hy het ‘n tweede klapgeluid gehoor. Toe die voertuie op ‘n stadium langs mekaar was en Cor in die rigting van die Ford kyk, het hy in die loop van ‘n pistool vasgekyk. Die Ford se bestuurder het daarna weggejaag.    

Cor het toe hy in Johannesburg stilhou, gesien dat daar inderdaad op sy voertuig geskiet is, en dat een van die koeëls hom rakelings gemis het toe dit in sy motordeur aan die bestuurskant in is. Inlasfoto: Die merk van die tweede koeël is waarskynlik ‘n opslagkoeël toe die motoris ‘n skoot na die pad geskiet het. Foto’s: Verskaf

 

Cor het toe hy in Johannesburg stilhou, gesien dat daar inderdaad op sy voertuig geskiet is, en dat een van die koeëls hom rakelings gemis het toe dit in sy motordeur aan die bestuurskant in is. Die merk van die tweede koeël is waarskynlik ‘n opslagkoeël toe die motoris ‘n skoot na die pad geskiet het. Cor het die saak by die polisie aangemeld. ‘n Klag van poging tot moord word ondersoek.  

 

 

 

 

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button