NewsNews

Sentrum trek baie swaar : Jy kan ’n verskil maak vir hierdie 72 inwoners

Hulle het jou nou baie nodig

   

 

Vir Epilpsie SA se Vrystaat/Noordwes-sentrum in Parys, het die Covid-19 pandemie, soos vir baie ander organisasies en besighede wat reeds geldelik gesukkel het om te oorleef, die geldkrane nog stywer toegemaak. En steeds word die gevolge van die pandemie maand vir maand gevoel. Vir bykans twee jaar kon die sentrum geen fondsinsamelings hou nie, en selfs noudat fondsinsamelings weer aan die dreef kom, is daar eenvoudig nie soveel skenkings as vroeër om die sentrum aan die gang te hou nie. Die epilepsie-sentrum is ’n nie-regeringsorganisasie wat beteken dat hulle nie deel is van die regering of n konvensionele winsgewende besigheid nie.

In die maande wat verby is moes gelde wat eenkant gesit is vir nood, gebruik word vir kos, salarisse en ander noodsaaklikhede. Weens n gebrek aan finansiële ondersteuning en donateurs wat in die verlede kon help, maar self nie meer kan nie, het Epilpsie Suid- Afrika se Vrystaat/Noordwes-tak reeds noodgedwonge moes afskaal. Die hartseer gevolg hiervan is werksverliese in die Parys-gemeenskap waar ook hier die hartseer gevolge van stygende lewenskoste en minder inkomste gesien kan word. Die ondersteuning wat tans van verskeie skenkers gekry word, is dikwels nie genoeg om maandelikse kostes te dek nie.

Vir Epilepsie Suid-Afrika se Vrystaat/Noordwes-sentrum gaan dit net oor oorlewing. Die tak word van dag tot dag bedryf om baie noodsaaklikke dienste aan sy begunstigdes te lewer. Ongelukkig word dit deur die regering oorgesien en moet die senrum as nie-winsgewende organisasie vir sy eie behoud veg.

Borg ’n inwoner

Tans is daar 72 inwoners met verskeie gestremdhede wat by die sentrum se residensiële eenhede geklee en gevoed moet word. Om te help kan jy een van hierdie inwoners borg deur fondse in te betaal in die sentrum se rekening vir die inwoner se maandelikse benodigdhede. Die rekeningbesonderhede is: Epilepsy SA, ABSA, Tjekekeningnommer 1130720427, Parys-takkode 632005. Jy kan op die verwysing aandui – Sponsor a resident. Jou tyd maak ’n verskil Maar dit is nie net geld wat die sentrum nodig het nie. Met jou tyd kan jy ook ’n ongelooflike groot bydrae vir hierdie sentrum gee sonder dat dit jou enigiets kos.

Op 11 Maart om 10:00 is daar ’n Vrywilliger ope-dag met vele geleenthede waar jy net ’n bietjie van jou tyd kan gee om te help by die sentrum. Dit sal die wêreld se verskil vir hierdie inwoners maak.

Kom kyk wat hier gedoen word by die sentrum en dalk kan jy vir ’n uur of twee help met

– Bystand in die stumilasie sentrum

– Lees vir die inwoners

– Algemene Tuinwerk

– Hulp met die groentetuin

– Instandhouding van die sentrum

– Foto’s neem by fondsinsamelings, die sentrum, projekte ens

– Administratiewe werk

– Bystand in die kombuis

– Bystand in die waskamer

– Fondsinsamelings

As jy graag eerder ’n bydrae vir die sentrum wil gee in die vorm van ’n donasie kan jy help met die volgende:

– Vleis

– Rys

– Besems

– Skoonmaakmiddels

– Swartsakke

– Wasgoedpoeier

– Plastiek bekers

– Plastiek borde en bakkies

– Gordyne

– Beddegoed

– Handoeke

– Verf

– Gloeilampe

– Plastiek stoele en tafels

– Enige skenkings aan die sentrum se tweedehandse winkel Epilepsy Suid Afrika se tweedehandse winkel is op die sentrumgronde by Boomstraat 52, Parys.

Jy kan ook die sentrum skakel by 056 811 5959 of Gary Westwood (Direteur) by 082 378 2870 of stuur e-pos na freestate@epilepsy.org.za    

 

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button