NewsNews

Bekende ekoloog besoek Parys

Bekende ekoloog besoek Parys

 

 

Feathers Voëlklub sien uit na die besoek van Lukas Niemand, bekende ekoloog van Potchefstroom. Hy sal Donderdag, 31 Maart om 18:30 in die Sally Martin Park saal kom praat. Lukas het pas teruggekeer van ‘n maandlange besoek aan Marion-eiland, en sal sy ondervinding met die klub deel. Hy het baie avifauna konsultasiewerk gedoen in Oos- en Wes-Afrika. Lukas het ook meer as 810 voëlspesies in suidelike Afrika geïdentifiseer. Almal wat belangstel is baie welkom om die praatjie by te woon.

Die Feathers Voëlklub reël Saterdag, 2 April ook ‘n voëlkyk-uitstappie na Breathe River Retreat & Lodge, 17 km buite Parys.

Die groep kom om 06:30 by die PnP parkeerterrein bymekaar. Elkeen bring sy eie piekniekmandjie. Onthou jou kamera, verkyker en sonhoed. ‘n Voëlboek sal ook handig wees. Vir meer inligting, skakel Hansie Bekker by (056) 811 4754 of 082 820 4306, of Peter Killian by 083 625 8100.  

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button