News

Huiskonserte – ’n belewenis van die kunste op jou drumpel

Huiskonserte - ’n belewenis van die kunste op jou drumpel

 

Verbeel jou ‘n verskeidenheidskonsert in jou tuisdorp met talentvolle kunstenaars en die bonus van ‘n intieme en gesellige atmosfeer van ‘n huiskonsert waar minder mense en meer spasie dit boonop veiliger maak in pandemie-tye. Gerieflik naby jou huis. Geen duur brandstofuitgawes, of laat aande op die pad. Geen duur kaartjiepryse nie. Dié huiskonserte word een maal per maand aangebied in die voorportaal van tenoor Stefan Louw se huis in Derdelaan 12B.

Met die wynrooi gordyne, houtvloer en klavier – ‘n ‘teater’ in die kleine. Die afgelope Sondag het studente van Stefan se Sangskool gesorg vir ‘n luisterryke middag met die musiek van Laurika Rauch, Abba, Olivia Newton-John, en nog ander lekker-luister musiek. Nie net was dit die ideale geleentheid vir hierdie studente om die eerste keer voor ‘n gehoor te kon sing nie, maar was dit net die regte manier om jou met mooi musiek, ‘n glas wyn en vingerete in ontspanne luim te kry vir die week wat voorlê.

Die studente wat die middag gehoor kon word met bekende en minder bekende treffers soos Speak softly my love, Nag van die 19de, Somewhere over the rainbow, Kinders van die wind, Let met be there, Talking to the moon, Straattroebadoere, Where do I begin, Thank you for the music en You raise me up, het ingesluit Sonja Trautman, Mila en Lisa Venter wat albei nog skoliere is, Marisa Louw en Stefan Louw.

Vir baie kunstenaars bied huiskonserte soos hierdie juis ‘n uitkoms in tye waar die kunste steeds sukkel om op sy voete te kom, en half leë sale en teaters steeds ‘n realiteit is wat nie hierdie kunstenaars se kostes dek nie.

 

Die kunstenaars wat Sondag gehoor kon word is Sonja Trautman, Marisa en Stefan Louw en Lisa en Mila Venter.

 

 

 

Related Articles

Back to top button