Slaggat-slagting op VS-paaie: Ons gaan regmaak, sê Fikile
Hengse slaggate op Vrystaat paaie 'n doodsgevaar

R1,4 miljard gaan vir padopgraderings in die Vrystaat beskikbaar gestel word met nog ‘n verdere R900 miljoen wat beloof word. Só het Fikile Mbalula, die minister van vervoer gesê. Gazette het verlede week berig oor die haglike toestand van paaie in die Vrystaat wat meer na ‘n slagveld lyk met al die slaggate. Met die onlangse sluiting van die R30 tussen Welkom en Allanridge, is alternatiewe roetes vir motoriste voorgestel. Een daarvan was die R34.
Maar soos soveel ander paaie in die Vrystaat, is slaggate op dié pad ‘n doodsgevaar. Of jy die R57 tussen Sasolburg en Heilbron ry, die R34 of die S44, of die S223 – noem maar op – op gedeeltes van die paaie moet motoriste langs die pad ry om die slaggate te probeer vermy, want daar is net nie meer genoeg teer op die paaie om dit veilig te maak nie.
Saans en in reënweer is dit ‘n doodsvonnis.






