NewsNews

So amper met ski-boot deur Vaaldam se sluishekke

So amper met ski-boot deur Vaaldam se sluishekke

Die Johannesburgse Seereddingsinstituut het Sondag 1 Mei tot die redding gekom van ‘n Johannesburgse man toe sy ski-boot se enjin oënskynlik onklaar geraak het, en dit teen die Vaaldam se wal vasgedryf en tussen die twee oop sluishekke beland het. 

Die Seereddingsinstituut het departement waterwese en sanitasie gevra om die sluishekke toe te trek sodat dit veiliger sou wees vir die reddingspan om die man te hulp te kon snel.

Nadat dit veilig was, kon die reddingspan die man uit die water kry. Daar was groot lof ná die voorval vir Pieter Vermaak van departement waterwese en sanitasie vir sy blitsigte optrede om die sluishekke toe te maak.

Vaaldam het op 12 April begin sluise oopmaak, en was daar uiteindelik 8 sluise in totaal oop. Sedertdien is daar reeds begin om die sluise weer stelselmatig toe te maak.

Daar sal vanoggend om 10:00 weer ‘n sluishek by die Vaaldam toegemaak word, wat dan sal beteken dat daar nog net een sluishek by Vaaldam oop is.

Vaaldam was op 29 April 108,34% vol en Bloemhofdam 103,08% vol.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button