News

Nog 2 voormalige polisiebeamptes vas ná man ontvoer en van Pad Ongelukke Fond-geld beroof is

Die polisie se distrikskommissaris, Maj-genl.Moses Makubo het benadruk dat die arm van die gereg lank en dat niemand oor die hoof gesien sal word wanneer opgetree word teen misdadigers nie

Nog twee verdagtes wat ’n man ontvoer en toe van sy vergoeding van die Pad Ongelukke Fonds beroof het, en daarna R100 in die hand gestop is deur sy ontvoerders vir taxi-geld terug huistoe is, is uiteindelik deur lede van die polisie se Trio-taakspan vasgetrek.
Die voormalige polisiebeamptes is Woensdag 11 Mei in Bothaville gearresteer, nadat hul makker, ook ’n voormalige polisiebeampte, knst. Thabo Molele, vroeër reeds gearresteer en in die Bloemfonteinse Hoë Hof tot 7 jaar gevangenisstraf gevonnis is op 7 Maart.
Dié twee wat Woensdag gearresteer is, is onderskeidelik 38 en 40 jaar oud is, en was deel van ’n misdaadsindikaat wat mense van sover as Qwaqwa, tot by Klerksdorp, Bothaville en Viljoenskroon bedrieg het deur hul as polisielede en beamptes van die Suid-Afrikaanse Inkomste Diens voor te doen.
In die jongste voorval wat by die Viljoenskroon SAPD aangemeld is, het drie mans wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen het, hul slagoffer ontvoer en R50 000 ge-eis van die geld wat hy by Pad Ongelukke Fonds gekry het. Toe die slagoffer sê dat hy nie die geld het nie, het hulle sy vrou geskakel en aangedring dat sy die geld met ’n kaartlose transaksie moet stuur. Nadat die geld gestuur is, het hulle dit onttrek en het hulle hul slagoffer in Sasolburg gelos, so ewe met ’n R100 noot om sy taxi-geld na Viljoenskroon te betaal.
Die twee voormalige polisiebeamptes sou Maandag 16 Mei in die landdroshof in Viljoenskroon verskyn op klagtes van ontvoering, dat hulle hulself voorgedoen het as polisiebeamptes en diefstal.
Die polisie se distrikskommissaris in die Fezile Dabi-distrik, maj-genl.Moses Makubo, het na die voorval lede van die Trio Taakspan geloof vir hul werk om so korrupsie en kriminele aktiwiteite ook onder polisiebeamptes aan die kaak te stel.
Die polisie se distrikskommissaris, Maj-genl.Moses Makubo het benadruk dat die arm van die gereg lank en dat niemand oor die hoof gesien sal word wanneer opgetree word teen misdadigers nie

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button