
Eskom het aangekondig dat hoewel daar nie na 22:00 vanaand, Donderdag 7 Julie, met fase 5 beurtkrag vir Vrydag en oor die naweek voortgegaan sal word nie, Suid-Afrikaners beslis nog beurtkrag oor die naweek en bes moontlik vroeg volgende week sal hê
Die volgende fases sal geld vir Vrydag en die naweek
Vrydag 8 Julie
00:00-05:00 – fase 2
05:00-24:00 – fase 4
Saterdag 9 Julie
00:00-07:00 – fase 2
07:00-24:00 – fase 3
Sondag 10 Julie
00:00-16:00 fase 2
16:00-24:00 fase 3
Voorlopige beurtkragfases is ook vir Maandag en Dinsdag aangekondig.
Beurtkrag is al sedert 20 Junie deur Eskom ingestel, en was daar reeds sedert 1 April al 55 dae beurtkrag.



At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



