News
Vrou veg om haar lewe na bye-aanval
Die vrou is in 'n bedenklike toestand na 'n nabygeleë hospitaal geneem.
Paramedici van Netcare 911 moes Dinsdagmiddag 1 November ‘n vrou te hulp snel wat langs die R549 by Deneysville deur bye toegetakel is terwyl sy besig was om gras te sny.
Toe parademici by haar kom was haar liggaam geswel en het sy gesukkel om asem te haal.
Daar is onmiddellik begin met gevorderde lewensondersteunende ingryping. Die vrou is in ‘n bedenklike toestand na ‘n nabygeleë hospitaal geneem.