News
Drie polisielede sterf in motorongeluk
Ons opregte medelye met die naasbestaandes van die polisielede.
Drie polisielede (twee mans en ‘n vrou) is dood, en nog ‘n polisielid ernstig beseer in ‘n motorongeluk vanmiddag (Dinsdag 6 Junie) op die N12 buite Potchefstroom.
Volgens polisiewoordvoerder kol. Adéle Myburg, was die polisielede wat van Gauteng is, onderweg na Fochville toe die ongeluk gebeur het. Die oorledenes se name is nog nie bekendgemaak nie.
Die ongeluk het omstreeks 16:30 gebeur. Daar was nie ander voertuie in die botsing betrokke nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



