Tragedie van hulle wat sterf in konsentrasiekampe vandag herleef
Ons onthou hulle wat gesterf het.

Daar is vandag met n besondere program in die Konsentrasiekampbegraafplaas in Vereeniging hulde gebring aan die duisende wat in konsentrasiekampe gesterf het tydens Konsentrasiekampdag wat op Vrydag 16 Junie op Jeugdag gehou is.
Verskeie organisasies waaronder die Genealogiese Vereniging Vaaldriehoek, Vaal Kultuurnetwerke, Vryheidsmonument Voortrekkers, Dundee Diehards Transvaal/Free State Garrison, die Gideonsbende en die FAK het lank beplan en gewerk om die deel van die geskiedenis met verskeie treffende uitstallings en n luisteryke program te kon voorstel.

Die konsentrasiekamp- tent en vertellinge, vlagvoorstelling, geskiedenisverteller Rudie Oosthuizen en Peet Schabort se bydraes, die Danie Theron stormloop en onthou oomblik met kranslegging was n belewenis van die tragiese deel van die geskiedenis.

Ook die kinders se optrede van Chalkboard Champs (Kinders met spesiale behoeftes), en Volkspele van Vaalrivier Laer het luister aan die dag gegee.


Foto’s deur Chilli PicNic

Na die tyd is daar saam gebraai en gekuier.



