News
Nuwe leraarspaar vir NG-gemeente Vredefort bevestig
Ds. Hannes en Karin Haggard is Sondag, 11 Junie tydens die oggend erediens as nuwe leraarspaar van die NG-gemeente in Vredefort bevestig.

Ds. Ian Jonker, die konsulent van die gemeente, het die bevestiging waargeneem.
Ds. Hannes het daarna sy intreeboodskap gelewer.
’n Groep van die Deo Gloria koor onder leiding van Erna Rademan het ’n verwerking van die aangrypende lied “Die Seën” gesing en die soliste, Lizette Combrinck “Die Gebed” van Koos du Plessis.
Na die bevestiging het die gemeente en al die gaste heerlik saamgekuier in die kerksaal waar die vroue van die gemeente almal met ’n spesiale ete bederf het.
Ds. Hannes en Karin het albei aan die Universiteit van Stellenbosch studeer en
daarna die volgende gemeentes bedien: Warrenton, Durbanville – Bergsig, Viljoenskroon-Oos, Hennenman, asook die gemeente van die Hervormde Kerk in Viljoenskroon.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.