Ysige temperature sorg vir prag foto-geleenthede
Stuur gerus ook vir ons jou foto's van die ys skouspel wat vanoggend geneem is na gazettenuus@gmail.com

Vandag se ysige temperature kan kwalik meer raakgevat word as in die woorde van die digter Eugene Marais se bekende “Winternag”. In Parys is dit ‘n bibberende 11/-1 grade (minimum en maksimum temperatuur). Môre is effens meer leefbaar (16/-1) en Dinsdag se temperatuur is 17/0.
Parysenaars kan hul egter regmaak vir ‘n koue week tot minstens Sondag met maksimum temperature van onder 20 grade Celsius.
WINTERNAG:
O koud is die windjie
en skraal
En blink in die dof-lig
en kaal,
so wyd as die Heer se genade,
lê die velde in sterlig en skade.
En hoog in die rande,
versprei in die brande,
is die grassaad aan roere
soos winkende hande.
O treurig die wysie
op die ooswind se maat,
soos die lied van ‘n meisie
in haar liefde verlaat.
In elk’ grashalm se vou
blink ‘n druppel van dou,
en vinnig verbleek dit
tot ryp in die kou.


