Twee in ‘n ry vir kampioenspan
Die span het Saterdag 'n prag oorwinning van 34-5 oor die span van HTS Carel de Wet behaal in die Valke Hoërskole liga wat op Hoërskool Stoffberg se rugbyvelde beslis is.

Hoërskool Parys se o.15-rugbyspan het dit Saterdag vir die tweede jaar agtereenvolgens reggekry om as ligawenners gekroon te word.
Die span het Saterdag ‘n prag oorwinning van 34-5 oor die span van HTS Carel de Wet behaal in die Valke Hoërskole liga wat op Hoërskool Stoffberg se rugbyvelde beslis is.
Die span wat vir Parys op die veld was, was Julio de Ponte, Maibongwe Nkalatya, Dewald van Schalkwyk, Kyle Kruger, Pieter Joubert, Nico Rust, Xander Pretorius, Franco Pretorius, Nicholas Carter, Durandt Fouche, AC Lewis, Henk Small, Heinrich van Niekerk, Jandre van Heerden, Caleb Butler, Ncheka Ncheka, Rikus Potgieter, Leemisa Kutoane, Heinrich Nortje, Bonang Moshala, Dregan Brink, Ethan Litchfield en Matthew Litchfield. Hulle word afgerig deur mnr. Wiehan Viljoen.


Die o.15’s speel Saterdag, 5 Augustus teen Glenharvey in die kwartfinaal van die Noordvaal-liga (oud Virseker/Beeld-trofee reeks). Die wedstryd is op Parys se tuisveld.
Die wedstryd val saam met die skool se 140 jaar reünie fees wat by die skool gehou word met ‘n fondsinsamelingsveiling.
As jy graag die reünie fees wil bywoon, skakel die skool by (056) 811 3472 of stuur ‘n e-pos na alumni@parys.co.za vir meer inligting. Gou spring, daar is slegs 800 kaartjies beskikbaar.



