
Soveel besoekers op n weeksdag is lanklaas in Parys gesien toe daar Gospelfees gehou is in die dorp. En wat n belewenis was dit nie!

Van vroeg het motors tou gestaan om by die feesterrein in te gaan. N Pragtige sonskyndag en die ideale gesinsuitstappie.

Daar was baie vir die kinders om te doen, baie om na te kyk by die uitstallers, en lekkernye wat jou mond laat water het.

Mense het gekom en gebly – heel dag lank. Uitstaande kunstenaars wat die Woord bedien het, het harte geraak.



Dit was n dag wat mense weer hoop gegee maar ook hoop vir die kinders van House of Levi, want die dag was vir hulle – kinders wat tot dusver net die skadukant van die lewe gesien het.


N Fees in vele opsigte, puik georganiseer en n dag om te onthou.




