
Gewillige hande van MooiParys in samewerking met AfriForum is vanoggend weer besig om by die Sasolburg ingang van die dorp skoon te maak en gras te sny. Slaggate word ook deur AfriForum in Parys se hoofstraat en omgewing van die Wes Kerk reggemaak.
N Handjievol mense wat hul omgee wys. Wil jy nie ook kom help tot 12 uur vanoggend nie?
Kyk hoeveel skoner is die dorp reeds danksy die volgehoue pogings van MooiParys en organisasies wat help.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.