Tennis-kampioene gekroon
Baie geluk aan hierdie spelers van Parys-tennisklub met die prestasies wat behaal is.
Oud en jonk het hul talent op die tennisbaan kom wys toe daar onderling meegeding is by Parys-tennisklub se jaarlikse klubkampioenskappe wat op 17,18 en 24 Mei gehou is.
Meer kompeterende en sterk spelers het in die A-afdeling hul staal gewys, terwyl sosiale en jonger spelers in Afdeling B meegeding het.

Jacques Olivier wen die A-Afdeling, terwyl Hennie Schoeman, ‘n leerder van Hoërskool Parys koning gekraai het in die B-afdeling. Hennie het ‘n prys van EnStyle ontvang.


Verskeie pryse was op die spel. Willien Diedericks ontvang die prys, geborg deur Droomvrou, vir die oudste deelnemer, terwyl die jongste deelnemer, Rohan Williams, wat ‘n tweede plek in die B-afdeling verower het, ‘n geskenkpak van Candyman ontvang het. Dankie aan Nico Maree en Natalie Rosslee wat al die administratiewe reëlings behartig het.



