Local newsNews

Aardklop kry momentum

Momentum Aardklop word vanjaar van 7-12 Oktober in Potchefstroom gehou.

‘n Propvol feesprogram sal sorg vir komedie, drama, tragikomedie, musiek in bykans elke denkbare genre van klassiek tot voetestamp, en vermaak vir die jonger geslag. Daar is gesprekke, laatnagkuiers, kos te kus en te keur, tienertoneel, rondleidings en boeke vir Afrika. Daar is legendariese name, en nuwe name waarvan kennis geneem moet word. Daar word teruggekyk en vereer, en vorentoe gekyk en geïnnoveer.

Vanjaar se tema is #DieKunsVanFees, en dit is presies wat feesgangers te wagte kan wees:

Volgens feesdirekteur, Alexa Strachan, is daar vele hoogtepunt op vanjaar se program.

“Nataniël en Charl du Plessis is só KUNSdriftig hieroor dat hulle spesiaal vir ons NATANIËL + CHARL: 25 skep,” sê Strachan.

Sy vertel ook dat daar hulde gebring sal word aan een van Suid-Afrika se grootste dramaturge en digters. Athol Fugard wat in Maart in die ouderdom van 92 oorlede. is Sy ikoniese Boesman en Lena is in Afrikaans vertaal deur Vinette Ebrahim. “Dit is ’n viering van die krag en weerbaarheid van die menslike psige, en ons universele neiging tot hoop en behoefte aan meelewing en menslikheid.  Christo Davids as regisseur volg sy veelbekroonde Laaitie mettie biscuits met hierdie debuutproduksie op.

“Die geliefde Breyten Breytenbach word gevier in ’n musiekteaterdebuut, Belofte van vere. Ook aan die woord, by wyse van spreke, is sy dogter, Daphnée Breytenbach, in gesprek met haar pa. Dit is ’n intieme blik op die verhouding tussen ’n pa en dogter, te midde van al die verwikkeldheid rondom sy wêreldwye roem, berugtheid, aktivisme en taaldebatte. Met onder andere Rolanda Marais, Ilse Klink, Schalk Joubert, David Klassen, Leon Gropp en Laurinda Hofmeyr. Anna Davel is die artistieke regisseur, met spelleiding deur Philip Rademeyer.

Soos altyd is daar ook allerlei nuwighede, soos Charl du Plessis se Surf & turf, ’n vergrote aanbod vir kinders, van meer kinderteater tot die LAPA-LEKKERlees-minuut by die kinder-area op die feesterrein.

Daar is  motorsportgesprekke met onder andere Voetspore se Johan Badenhorst en renjaer Paige Lindenberg.

Vir die feesterreingangers is daar onder andere Elandré, Die Heuwels Fantasties, Bernice West, Prime Circle en Die Piesangskille. Ricus Nel kom deel ’n hardekool, so laat die feesvure hoog brand! Onthou: wees liefs ’n Early B, en koop jou kaartjies gou.

Die feesprogram is beskikbaar by aardklop.co.za . Kaartjies word vanjaar deur Webtickets verkoop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button