Local newsNews

Waarskuwing: Tweede botsing op R82 in minder as 24 uur

Nooddienste wat net voor 20:00 steeds besig met opruimingswerk op die botsingstoneel.

Kort na Vrydagaand se noodlottige botsing op die R82, is nog ‘n botsing vanmiddag tussen ‘n dieseltenkwa en ‘n motor net voor 16:00 op die R82 naby Kragbron gerapporteer.

Nooddienste was net voor 20:00 steeds besig met opruimingswerk op die toneel en was die pad gesluit in beide rigtings.

Die pad moes na die botsing in beide rigtings vir verkeer gesluit word.
Die botsingstoneel op die R82 waar ‘n vragmotor en motor vroeër vanmiddag gebots het.
Dit is reeds die tweede botsing in minder as 24 uur op die R82

Twee pasiënte is met beserings na hospitale in onderskeidelik Vaalpark en Sasolburg vervoer.

Tydens Vrydagaand se grusame botsing op die R82 naby Koppies, het ‘n man gesterf nadat die bakkie waarmee hy gery het, onder ‘n vragmotor beland het, en beide voertuie aan die brand geslaan het.

Die vragmotorbestuurder is nie beseer nie, maar die bestuurder van die bakkie is op die toneel oorlede.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button