Local newsNews

Gru-botsing eis man se lewe

Daar was na die botsing groot dankbaarheid vir boere wat op die toneel hulp verleen het, asook noodienste, SAPD van Koppies en Parys, asook Prinsloo Recovery. 

‘n Grusame botsing Vrydagaand kort voor middernag op die R82 naby Koppies, het die lewe van ‘n man van Marquard ge-eis nadat die bakkie waarmee hy gery het, onder ‘n vragmotor beland het, en beide voertuie aan die brand geslaan het.

Die bakkie was van Sasolburg in die rigting van Koppies onderweg. Die presiese omstandighede wat gelei het tot die botsing is nie bekend nie.

Die vragmotorbestuurder is nie beseer nie, maar die bestuurder van die bakkie is op die toneel oorlede.

Ons opregte medelye aan die familie van die oorledene.

Die botsing het die lewe ge-eis van die bestuurder van die bakkie.
Beide die vragmotor en bakkie het met die impak van die botsing aan die brand geslaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button