Ysige koue kom vir die naweek
Lae maksimum temperature kan vir die naweek verwag word en het die weerdiens verskeie waarskuwings uitgereik.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het weer gewaarsku teen sterk wind wat die Wes-kaap, Noord-Kaap, die Vrystaat en Noordwes môre sal tref. Dit verhoog die brandgevaar en is mense weer gewaarsku om nie oop vure te maak nie.
Vrydag het ‘n verwoestende veldbrand in die Fochville-distrik die lewe van ‘n man ge-eis terwyl groot skade ook gister weens ‘n brand by Smilin Thru net buite Parys aangerig is.
Ysige temperature word voorspel met ‘n kouefront wat die Vrystaat, Wes- en Noord-Kaap sal laat bibber met minimum temperature wat tot onder vriespunt sal daal. Parys sal onder meer Vrydag ‘n bibberende 13 grade Celsius maksimum temperatuur hê en ‘n minimum van -3 grade Celsius.
Hoewel temperature effens sal styg Saterdag, kan jy maar die kaggelvuur aansteek en jou jas toeknoop – klappertand koue is hier.



