Local newsNews

Brandweervoertuig tref bees onderweg na huisbrand

Die identiteit van die twee persone wat in die huisbrand omgekom het, is nie bekendgemaak nie.

Twee brandweerbeamptes van die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit is in ‘n stabiele toestand in die Emfuleni Medi Clinic nadat die Toyota Land Cruiser waarmee hulle Donderdagaand onderweg was na ‘n huisbrand in die Mokwallo-woonburt by Vredefort, ‘n rondloper bees getref het. Die ongeluk het op die R59 net buite Vredefort gebeur.

Die bees is op die toneel dood en is die voertuig erg beskadig.

Die beskadigde brandweervoertuig van die Ngwathe munisipaliteit na ‘n botsing op die R59 tussen Parys en Vredefort

Daar is ‘n geruime tyd al ernstige kommer oor die toestand van die R59 tussen Parys en Vredefort met groot en diep slaggate, en skep rondloper diere ‘n selfs nog groter gevaar op dié pad veral saans wanneer sig sleg is.

Twee mense wat in die sinkhuis gebly het, het in die brand gesterf.  Na verneem word was dit ‘n man en sy vriendin wat in die brand omgekom het.

Omstanders het gesê die huis het vermoedelik begin brand toe daar vuur gemaak is, en wind die vlamme vinnig laat versprei het.

Die sinkhuis wat in die brand verwoes is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button