Local newsNews
Platsak motoriste gaan nog meer betaal
Maak maar nou jou motor vol brandstof, want die gordel trek al stywer
‘n Stewige brandstofprysverhoging wag vir motoriste om middernag wanneer die dieselprys met meer as 80c per liter verhoog, en die petrolprys met meer as 50c per liter.
Jy sal nou 52c per liter meer betaal vir 95-oktaan petrol, en 55c per liter meer vir 93-oktaan petrol.
Die groothandelprys vir diesel met ‘n 0,05% swaelinhoud verhoog met 82c per liter en vir diesel met ‘n swaelinhoud van 0,005%, is die verhoging 84c per liter.
Die prys van paraffien verhoog met 89c per liter.
Die enigste goeie nuus is die prys van gas wat verminder met 57c/kg.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



