Local newsNews
Voormalige adjunkpresident sterf
Politieke leiers en partye het vandag hul medelye met die familie betuig en is gesê dat sy dood 'n belangrike politieke era afsluit.
David Mabuza, voormalige adjunkpresident van Suid-Afrika, is in die ouderdom van 64 jaar oorlede. Hy was vir ‘n tyd lank siek.
Mabuza was voorheen ook premier van Mpumalanga, en het die land van 2018 tot 2023 gedien as adjunkpresident, en ook adjunkpresident van die ANC.
Hy is beskryf as ‘n patriot, vryheidsvegter en iemand wat met toewyding en nederigheid gedien het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



