Local newsNews

Lang wag vir stemme amper verby

Stemlyne vir vanjaar se Best of Parys Readers Choice open 17 Julie

Die publiek het weer vanjaar hul stem laat hoor om besighede in Parys wat uitstaan vir diens by uitnemendheid te nomineer vir MooiVaal Media se Best of Parys 2025-toekennings waarme erkenning gegee word aan plaaslike besighede wat die ekstra myl loop vir kliëntetevredenheid.

Die reaksie was oorweldigend en nou is die lang wag amper verby wanneer weer staatgemaak sal word op die publiek om te sê wie die wenners van die onderskeie kategorieë is.  Die wenners word uitsluitlik deur lesersstemme bepaal en die besigheid in elke kategorie met die meeste stemme, is die kategorie-wenner. Wenners sal tydens ‘n spog-geleentheid aangekondig word.

Omdat dit ‘n digitale kompetisie is, kan slegs op die aanlyn-stemvorm gestem word.

Stemlyne open 17 Julie

Hoe werk stemme vir Best of Parys?

* Jy kan in meer as een kategorie vir die besigheid van jou keuse stem.

* Jy kan egter net vir een onderneming in elke sub-kategorie stem.

* Jy kan elke dag slegs een keer van ‘n IP-adres af stem terwyl stemlyne oop is. (Hou in gedagte dat alle gebruikers op ʼn Wifi-netwerk dieselfde IP-adres het)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button