Local newsNews

Hoekom inbrekers dieselfde huis weer teiken

Vinnige, sigbare en gemeenskapsgebaseerde reaksies help nie net om herhalende inbrake te keer nie, maar gee slagoffers hul beheer terug. Jy kan nooit té versigtig wees nie.

In Suid-Afrika se voortdurende stryd teen misdaad val baie van die fokus op gewelddadige huisroof, maar ’n meer ontstellende tendens is herhaalde inbrake.

Hierdie is inbrake wat verskeie kere by dieselfde huis plaasvind,. Dit kan slagoffers benewens die finansiële skade, veral emosioneel – soms vir maande, selfs jare traumatiseer.

Inbrekers keer dikwels terug na huise wat hulle reeds “getoets” het, onder die aanname dat swak plekke steeds bestaan of dat gesteelde items reeds vervang is.

Youlon Naidoo, Hoof van Eise en Verkryging by MiWay Versekering, verduidelik hoekom misdadigers terugkeer na dieselfde huise en watter praktiese stappe Suid-Afrikaners binne die eerste 10 dae kan neem om dit te verhoed.

Waarom teiken inbrekers dieselfde huis weer?

Volgens Naidoo keer inbrekers gereeld terug omdat:

  • Hulle iets van waarde gesien het wat hulle nie die eerste keer kon neem nie.

  • Hulle nou weet hoe om die huis se sekuriteit te omseil.

  • Hulle aanneem die vervangde items sal nuwer of net so waardevol wees.

Wat om te doen ná ’n inbraak?

As jou huis onlangs geteiken is, is onmiddellike optrede jou beste verdediging. Die eerste 10 dae is van kritieke belang om ’n herhaling te voorkom. Kenners beveel die volgende aan:

  1. Versterk toegangspunte:
    Vervang gebreekte deure, slotte en vensters onmiddellik. Gebruik tydelike oplossings soos hangslotte of veiligheidshekke indien nodig.

  2. Vervang die slotte:
    Selfs al is daar geen bewys dat sleutels geneem is nie, aanvaar dat dit gekopieer kon wees. Kyk veral vir buitedeure en motorhuisdeure.

  3. Installeer sigbare sekuriteitsmaatreëls:
    Bewegingsensorligte,  sekuriteitskameras (selfs valses) en sigbare heinings dien onder meer as afskrikmiddels.

  4. Laat die huis bewoon lyk:
    Gebruik tydskakelaars vir ligte, laat ’n radio speel of vra ’n buurman om in jou oprit te parkeer as jy nie tuis is nie.

  5. Herstel skade vinnig:
    ’n Gebreekte venster of deur wys jou huis is kwesbaar. Spoedige herstelwerk wys jy’s paraat.

  6. Bly betrokke by die gemeenskap:
    Meld die inbraak aan by jou buurtwag of misdaadgroep. Vra bure om waaksaam te wees – en wees op jou beurt ook betrokke.

  7. Hersien jou versekering:
    Laat jou versekeraar weet van enige sekuriteitsopgraderings. Maak seker jy hou by die voorwaardes van jou polis, soos om sekuriteitshekke toe te hou of sekuriteitsstrale aan te skakel.

Neem jou ruimte terug

Die emosionele impak van ’n inbraak hou dikwels langer aan as die fisiese skade, maar Naidoo glo huiseienaars is nie magteloos nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button