Local newsNews

Ag nee regtig! Hoekom mors as jy kan herwin

Vullis word oral op oop terreine en sypaadjes gestort en die ergste is - meeste hiervan kan herwin word.

Só lyk dit gereeld  aan die onderpunt van Hospitaalweg, in die nywerheidgebied, op sypaadjies, oop velde en selfs langs die rivieroewer waar inwoners  huishoudelike vullis en selfs boumateriaal stort. Die ergste is dat die meeste van die rommel wat oral rondlê herwinbaar is.

Die onwettige stort van vullis op oop terreine is ‘n al groterwordende probleem in en om die dorp. Dit hou veral nou in die wintermaande ‘n ernstige brandgevaar in vir mense wat aangrensend tot die terreine woon waar vullis onwettig gestort word.

Nog baie om te doen as dit kom by herwinning

In vergelyking met Europese lande word slegs 10% van afval in Suid-Afrika verwerk. Maar wat behels droë en nat produksortering?

Droë produkte sal byna alle soorte papier, karton, boeke, gedrukte of wit papier, servette, sneesdoekies, koerante en vele meer insluit.

Jammer genoeg vorm verpakkingsmateriaal die grootste deel van die gemors op strate en sluit selofaan, sagte plastiek, plastiekbakkies, plastieksakke en borrelplastiek in. Glas word tans redelik herwin en sluit koeldrank-, drank, mayonnaise, tamatiesous en ander tipe souse, babakos en konfytbottels in.

Wanneer hierdie bottels vir herwinning gelewer word, moet dit verkieslik heel gelewer word.

Metaalhouers soos koeldrankblikkies, ingelegde vrugte en groente, konfythouers, aluminiumbakke, aluminiumfoelie en ander
verpakkingsmateriaal word ook herwin.

Al die genoemde produkte is deel van die droë produkte wat herwin en weer verwerk word.

Plastiek skoonmaakmiddelen wasmiddelhouers tel natuurlik ook onder herwinbare materiaal, maar dit is veral plastiekbottels vir onder meer melk, melkprodukte, koeldrank, kookolie en water wat die meeste versamel en verwerk word.

Deur jou afval vooraf te sorteer kan jy ‘n groot bydrae lewer tot ‘n skoner omgewing.

Moet ook nie vergeet dat plastiese lepels, messe en vurke, asook koffiehouers van polistireen wat herwinningswaarde het, verwerk
kan word as droë afval.

Hierbenewens word staal,motoronderdele, veselglas, speelgoed, CD houers en
houtafval by droë produkteingesluit. Selfs rekenaar en selfoontoerusting word onder droë afval gesorteer, terwyl motoronderdele soos die plastiese modderskerms, stampers en binne panele herwin en verwerk word.

Nat produkte sal omtrent alles insluit wat voedsel, tuinverwant of babadoeke, en sanitêre afval behels. Onthou om doeke apart in ‘n plastiese sakkie toe te maak wanneer jy dit weggooi saam met ander vullis.

Meeste nat afval kan as kompos of sogenaamde black soil verwerk word, hoewel munisipale vullisverwyderingspersoneel dit meestal na stortingsterreine neem.

Onthou ook dat jy nie medikasie wat jy nie meer gebruik of wat reeds verval het in ‘n asblik moet weggooi of in ‘n toilet moet afspoel nie.

Dit geld ook vir insulienspuite en spuitnaalde. Apteke het diensverskaffers wat mediese afval hanteer, en kan jy by jou apteker navraag doen of jy medikasie na die apteek kan bring vir veilige vernietiging.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button