Local newsNews

Pas bekend: President praat oor polisie-drama

President Cyril Ramaphosa sal Sondag Suid-Afrikaners toespreek oor die drama in polisie-geledere wat gevolg het ná ernstige bewerings van onder meer politieke inmenging wat die naweek gemaak is deur luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi, Die KwaZulu Natalse polisiekommissaris teen onder meer die minister van polisie, Senzo Mchunu. Mchunu ontken die bewerings. Daar is na die bewerings uit …

President Cyril Ramaphosa sal Sondag Suid-Afrikaners toespreek oor die drama in polisie-geledere wat gevolg het ná ernstige bewerings van onder meer politieke inmenging wat die naweek gemaak is deur luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi, Die KwaZulu Natalse polisiekommissaris teen onder meer die minister van polisie, Senzo Mchunu.

Mchunu ontken die bewerings.

Daar is na die bewerings uit verskeie oorde druk geplaas dat die president die kwessie dringend en met die nodige erns sal hanteer.

Die toespraak sal regstreeks uitgesaai word op hoofstroom-TV- en radiokanale, insluitend SABC 1–3 en SAfm, en ook beskikbaar wees via die Presidensie se sosiale media en webwerf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button