Nog ‘n vragmotorbotsing op R59 eis ‘n lewe
Die pad is tans gesluit vir verkeer om nooddienste toe te laat om die toneel op te ruim.
‘n Tweede vragmotorbotsing op die R59 het vanoggend die lewe van nog ‘n persoon ge-eis met ‘n tweede persoon wat kritiek beseer is.
Die botsing het net na 08:00 vanoggend sowat 14km buite Vredefort in die rigting van Viljoenskroon gebeur.
Twee vragmotors was in die botsing betrokke. Dit is nog onseker wat die oorsaak van die botsing was.


Een van die vragmotors het gasbottels vervoer, en is die pad tans gesluit vir verkeer met nooddienste wat nog op die toneel is en opruiming van die toneel wat gedoen moet word.
Dinsdagoggend is twee insittendes van ‘n vragmotor wat voerbale vervoer het oorlede, na ‘n botsing met nog ‘n vragmotor op die R59 wat deur Parys loop by die kruising van Van Coller- en Breëstraat. Die bestuurder van die ander vragmotor is nie beseer nie.



