Oud en jonk op die veld vir Oldies-rugbyfees
Hekke open reeds om 07:00 die oggend met Parys se Golden Oldies wat die Hillbillies die stryd sal aansê om 14:00 die middag.
Saterdag gaan sorg vir groot rugby in Parys met oud en jonk wat op die rugbyveld sal uitdraf. Die dorp se eerste Oldies-rugbyfees skop af op Hoërskool Parys se rugbyvelde met die Future Griffons wat jong spelers die geleentheid sal gee om op die veld te draf.
Hekke open reeds om 07:00 met die 3-4-jariges (RRRR en RRR), en die 5-6 jariges (RR en R) wat van 08:00-09:00 speel. Daarna kry die 7,8 en 9-jariges (graad 1-3), die 10-11-jariges en die 12-13-jariges hul beurt van 09:00-10:00.
Koste is R100 per speler. Spelers word gevra om gemaklik aan te trek. Belangstellende ouers kan hul kinders se name en ouderdom WhatsApp na 077 500 8145. Betaling word op die dag van spel gedoen.
Die Oldies rugbyfees begin om 11:00. Tien spanne van omliggende dorpe sal die dag hier in aksie wees, met Parys wat die gasheerklub vir die dag is.
Daar sal ‘n snoepie en kosstalletjies beskikbaar wees. Toegang kos R50 per motor en R10 per persoon. Mense is welkom om koelhouers en gasbraaiers te bring en te kom deel in die gees van die dag. Jy kan uithaler rugby verwag van die goue oues van die rugbyveld, wat beloof om ‘n gesinsdag soos min te wees.
Die Oldies-program vir die dag lyk so:
11:00 – Kaas-en-wyn vs Welkom over 50’s
12:00 – Ou Are vs Tendella
13:00 – Welkom over 50’s vs Golden Eagles
14:00 – Parys Golden Oldies vs Hillbillies
15:00 – Old Bears vs Madalas



