Local newsNews

‘n Drie in die doodsnikke van die stryd

Die dag was 'n groot sukses en veral die Future Griffons het gesorg vir groot oomblikke op die rugbyveld met sowat 60 jong spelers wat deelgeneem het.

Parys se eerste Oldies rugbyfees het gesorg vir goeie rugby en ‘n dag vol aksie op Hoërskool Parys se rugbyvelde. Hoewel Parys se Golden Oldies nie die mas kon opkom teen die Hillbillies nie, het Ian Holton oor die doellyn geseil in die laaste minute van die wedstryd waarmee Parys se enigste punte op die telbord gesit is.

Die eindtelling 30 – 5 in die guns van die Hillbillies.

Die oggend het die Future Griffons egter gesorg vir goue oomblikke op die rugbyveld met die jong spelers wat toe hul slag kon wys.

Die foto’s hieronder is geneem tyens die Parys Golden Oldies se wedstryd teen die Hillbilllies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button