Local newsNews

Kampioenkroon vir Parys se o.14’s

Baie geluk aan hierdie span, hul afrigters en die skool.

Hoërskool Parys se o.14-rugbyspan het pas getriomfeer as ligawenner in die Valke Afdeling 4-liga toe dié span Hoërskool Voortrekker in Benoni met n telling van 17-15 verslaan het. Baie geluk aan hierdie spelers en hul afrigters, Gerrit du Plessis en Wouter Croeser.

So het die span se segetog dié seisoen gelyk: 

In hul segetog tot by die semi-finaal wen hulle Suiderlig (81-0),  Belvedere (73-0), Heilbron (61-0), Afrikaans Hoër Sasolburg (72-0), Panorama (50-3) en Anker (67-0). Parys verloor slegs hul wedstryd teen Voortrekker (7-8).

In die semi-finaal verslaan hulle Panorama met 41-0.

Dit beteken dat die span die seisoen 469 punte aangeteken het en slegs 26 punte moes afstaan.

Die span gaan nou deur na die kragmeting vir die Noordvaal Beker.

Parys se o.14’s vanoggend na hul oorwinning

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button