Local newsNews

Twee gebruik luggeweer in huisroof

Die verdagte sal binnekort in die Vredefort-landdroshof verskyn. 

Die vinnige optrede van die Fezile Dabi Trio-taakspan, Vredefort-speurders en die Gemeenskapsdienssentrum (GDS) het daartoe gelei dat  ’n 27-jarige man Vrydag in Vredefort in hegtenis geneem is vir huisroof en die besit van vermoedelik gesteelde eiendom.

Dit volg nadat twee mans, waarvan een aan die slagoffer bekend is, Donderdag in die vroeë oggendure aan ‘n huis se venster geklop het. Toe die slagoffer die deur oopmaak, het die tweede verdagte, wat onbekend is aan die slagoffer, ’n vuurwapen, wat later geblyk het ‘n luggeweer was, uitgehaal, en met ‘n klankstelsel van die toneel gevlug.

Die vinnige optrede van die polisie het daartoe gelei dat een van die twee mans gearresteer kon word, en is die gesteelde eiendom sowel as die luggeweer wat vermoedelik tydens die roof gebruik is, gekonfiskeer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button