Local newsNews

Twee blitsig vasgetrek ná bejaardes op plaas beroof is

Die Provinsiale Eenheid vir Ernstige en Geweldsmisdaad is opdrag gegee om die ondersoek na die voorval te lei. 

Binne ure nadat ‘n bejaarde egpaar op ‘n plaas in die Smithfield-distrik van hul besittings beroof is, is twee verdagtes, onderskeidelik 29 en 36 jaar oud, vasgetrek terwyl hulle onderweg was na Bethulie. Kontant en die voertuig wat op die plaas gesteel is, is ook teruggevind.

Provinsiale kommissaris luitenant-generaal Baile Motswenyane, het haar opregte waardering uitgespreek teenoor die plaasgemeenskap, sekuriteitsmaatskappye en polisielede wat daartoe gelei het dat die verdagtes gearresteer is.

“Die noue samewerking tussen die gemeenskap en SAPD-eenhede is ’n toonbeeld van effektiewe geïntegreerde landelike veiligheid,” het sy gesê.

Die voorval het vanmiddag omstreeks 13:30 plaasgevind toe ’n bejaarde egpaar, onderskeidelik 78 en 81 jaar oud, van die kerk af by die huis gekom het.  Die vrou het eerste by die huis ingestap, terwyl haar man nog buite was. Onderweg na die kombuisdeur  is sy deur twee onbekende mans oorrompel, aangerand en met messe gedreig en toe terug na haar man gedwing. Die verdagtes het albei slagoffers in die huis ingesleep en met kabelbinders vasgebind.

Die huis is geplunder en die rowers het selfone, kontant, juweliersware en ander waardevolle items gesteel. Die man is ook gedwing om ’n kontantdeposito te maak voordat hy in sy eie voertuig gedwing is, en later in die plaas se oprit afgelaai is. Die verdagtes het met die gesteelde voertuig gevlug.

Die slagoffers het onmiddellik alarm gemaak, waarop plaaslike boere en die polisie vinnig gereageer het.

Die twee verdagtes sal in die hof veskyn op klagte van huisroof met verswarende omstandighede, diefstal van ’n motorvoertuig, en besit van vermoedelik gesteelde eiendom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button