Local newsNews

Brandvereniging lede se vinnige reaksie geloof

Mense word aangeraai om veral nou met winderige toestande wat reeds die week gesien is, daagliks te let op die vuurindeks waarop die moontlikheid van brandgevaar aangedui word.

Brandvereniging lede is die afgelope week geloof vir hul vinnige reaksie tydens drie minder ernstige brande in die Parys-distrik waarmee skade weens vinnige en doeltreffende optrede beperk kon word.
Volgens Pieter Kemp van die Vaal Eden Brandvereniging is daar die afgelope week brande bestry by die Parys Golf & Country Estate, die Parys-vliegveld, naby die bessieplaas en by ‘n padskouer langs die R59 tussen Parys en Sasolburg.
Hou in gedagte dat brandgevaar veral gedurende Augustus hoog is en dat ‘n algehele brandverbod geld van einde Julie tot einde Oktober wanneer die eerste reën val.
Die brandverbod bepaal in terme van die Veld- en Bosbrandwet, Wet 101 van 1998, dat jy gedurende ‘n brandverbodtydperk geen oop vuur kan maak en aan die gang hou, sonder die nodige brandpermit nie. Die  beperking geld ook op die maak van voorbrande en die brand van asgate.
Die Working on Fire span en individuele boere het reeds vroeër met die oog op die brandverbod brandbane langs die R59 en verby die N1 oorbrug tot by die Parys-vliegveld gemaak, en die waarde daarvan is weer die afgelope week gesien.
Mense word aangeraai om veral nou met winderige toestande wat reeds die week gesien is, daagliks te let op die vuurindeks waarop die moontlikheid van brandgevaar aangedui word. Slaan ook ag op kommunikasie van brandverenigings in jou omgwing.
‘n Blou-kode op die vuurindeks beteken dat die gevaar vir brande gering is. ‘n Groen kode het ‘n lae brandgevaar, en is beheerde brande nog toelaatbaar. ‘n Geel, oranje en rooi indekswaarskuwing dui op ‘n hoë moontlikheid van brandgevaar.
Foto: Kobus Steenkamp

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button