Local newsNews

Verdagtes steeds soek ná aanval op bejaarde egpaar

Die polisie vra dat die publiek met inligting vorendag sal kom wat die polisie kan help in hul ondersoek.

Die polisie soek steeds na twee mans wat betrokke was by ‘n huisroof en aanval op ‘n bejaarde egpaar van Parys Sondag in die vroeë oggendure by ‘n meenthuiskompleks naby die Parys Distrik-hospitaaal.

Volgens polisiewoordvoerder kapt. Loraine Earle, het die verdagtes omstreeks 02:00 die oggend toegang tot die woning gekry terwyl die egpaar geslaap het. Hulle het die egpaar vasgebind en die huis geplunder.  Verskeie huishoudelike items sowel as vier vuurwapens is gesteel, en in die egpaar se voertuig gelaai waarmee die verdagtes van die toneel gevlug het.

Volgens kaptein Earle het die 90-jarige man kopbeserings in die aanval opgedoen en het mediese behandeling ontvang, terwyl sy vrou nie ernstig beseer is nie.

Sy sé die polisie doen ‘n beroep op mense wat inligting het wat kan help in hul ondersoek na die huisroof en die opspoor van die verdagtes, om die inligting deur te gee  aan sersant Rick Hunter by 082 466 8094. Inligting kan ook anoniem deurgegee word op die SAPD se Crime Stop-nommer 08600 10111, of via die MySAPS-toepassing.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button