Local newsNews
Vermiste kollegas na meer as drie weke gevind
Die polisie het na die mans vermis geraak het ook die publiek se hulp gevra in die soektog na hulle.
Twee kollegas, Christiaan van Blerk (34) en Donovan van der Walt (25) wat sedert 14 Julie vermis was, is ongedeerd in Kempton Park gevind, het polisiewoordvoerder kolonel Adéle Myburgh, bevestig.
Die twee mans is ten tyde van hul verdwyning die laaste keer by hul werksplek in Meiringspark, Klerksdorp gesien, toe hulle met ‘n wit Toyota Hilux Raider-bakkie gery het om onderdele in Klerksdorp Industria te gaan haal, maar het nooit teruggekeer nie.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



