Local newsNews

Daar’s ’n likkewaan in die tuin….

As likkewane bedreig voel, soek hulle skuiling, en as hulle nie kan wegkruip nie, suig hulle hul lywe vol lug en neem ‘n dreigende houding in, meestal op die agterpote, en maak ‘n blaasgeluid. Die vyand word dan met die stert, bek en kloue afgeweer.  

Likkewane is beslis geen ongewone gesig vir Parysenaars nie. Vroeër jare is hulle dikwels in leivore of in erwe na aan die rivier opgemerk. Maar om ‘n likkewaan in jou tuin te kry, is  nie iets wat Magda Venter van Bredellstraat op ‘n Maandagmiddag te wagte was nie.

Die onverwagse besoeker het so rondom 12:00 vanmiddag kom inloer. Magda vertel sy en haar ma het skottelgoed staan en was toe hulle hoor hoe die hoendertjie in die erf  te kere gaan  Magda was net betyds om die lang bek en stert van meneer die likkewaan te sien.

In die sekondes wat sy in die huis in is om haar selfoon te gaan haal, het hul besoeker koers gekies, en het sy gehoor hoe die bure agter haar na Tweedelaan se kant toe, se honde te kere gaan. Dié het die onwelkome besoeker in ‘n hoek vasgekeer waar hy  eers in ‘n boom skuiling gesoek het en toe oor die heining na ‘n buurerf is. Nodeloos om te sê dat hy skoonveld is.

Die foto hierbo is van ‘n jong likkewaan  wat in 2021 in ‘n huis by Villa Riviera in Parys gevang is.

n Paar interessanthede oor likkewane

* Likkewane se lengte kan wissel tussen 20 en 300cm (die Komododraak).

* Daar is 30 spesies in die likkewaanfamilie.

* Likkewane se sterk, gevaarlike kloue laat hulle rats en vinnig beweeg en kan hulle in bome of oor rotse klouter.

* Hul stert is sydelings afgeplat en is nie net ‘n swemorgaan nie, maar ook hul wapen.

* Hoewel die rugskubbe rond is en nie oormekaar gerangskik nie, is die skubbe op die pens meer vierkantig en in dwars rye gerangskik.

* Dit is nie net die likkewaan se lang gevurkte tong wat met slange ooreenstem nie. Ook die bou van die ruggraat en skedel toon ooreenkomste.

* Die tong dien ook as reukorgaan.

* Likkewane is dagdiere en vleisvreters, hoewel hulle ook eiers eet.

* Die grootte van die prooi word bepaal deur die grootte en ouderdom van die likkewaan. So sal jong likkewane van kleiner spesies insekte vreet.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button