Local newsNews

Druk oor koste van Gauteng se nuwe nommerplate

AfriForum wil hê dat die Gautengse departement van Vervoer die koste van die nuwe nommerplate bekend maak en sê dat die verbeterde veiligheidskenmerke van die nommerplate nie veiliger paaie sal verseker nie.

 ’n Interne appèl is vandag deur AfriForum by die Gautengse departement van Vervoer ingedien nadat die burgerregteorganisasie se aansoek om inligting oor die beoogde nuwe nommerplate vir die Gauteng provinsie in te win, verontagsaam is.

AfriForum dring daarop aan dat die provinsiale departement die beoogde koste en die gepaardgaande herregistrasiekoste van hierdie nommerplate bekend moet maak, asook hoe lank voertuigeienaars die geleentheid gaan hê om hul ou nommerplate te vervang.

AfriForum sê die departement het nie binne die voorgeskrewe 30 dae gehoor gegee aan die organisasie se aanvanklike aansoek  ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA) nie.

Die nuwe nommerplate is ’n projek wat deur die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, gedryf word, en is vroeër gesê dat die nuwe nommerplate bykomende veiligheidskenmerke bevat. Dié nommerplate word reeds van Junie af op die provinsiale regering se voertuie geïnstalleer. Dit word veronderstel dat dit teen Desember na die res van die provinsie se voertuie uitgebrei sal word, sê AfriForum. 

Volgens Louis Boshoff, veldtogbeampte by AfriForum, is daar geen syfers met die publiek gedeel oor hoeveel vervalste nommerplate daar in die provinsie is en hoeveel voertuie met vervalste nommerplate by misdaad betrokke is nie. “Solank misdadigers daarmee kan wegkom om sonder nommerplate op hul voertuie te ry, gaan dit geen verskil maak hoe goed die vereiste nommerplate is nie,” verduidelik Boshoff. “Dus lê die oplossing by beter wetstoepassing – nie nuwe foefies nie.”

“Daar is na raming meer as drie en ’n half miljoen voertuie in Gauteng.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button