Hoërskool Parys se 0.14-rugbyspan speel môre teen Carletonville op Carletonville se tuisveld in die semi-finaal van die Noordvaal Beker.
Dit volg nadat Parys verlede naweek in Klerksdorp geskitter het met ‘n oorwinning oor Hoërskool Schoonspruit in die Noordvaal-reeks se kwartfinaal. Die eindfluitjie het geblaas met ‘n telling van 43-5 in Parys se guns.
Schoonspruit was die wenners van vanjaar se Luiperd-finaal, terwyl Parys vroeër bekroon is as die Valke-finaal wenners.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



