Local newsNews
Twee vasgetrek vir verkoop van skedule medikasie sonder lisensie
Die paartjie is gearresteer en sal Woensdag voor die hof verskyn.

‘n Paartjie, onderskeidelik 25 en 20 jaar oud, is deur speurders van Sasolburg in hegtenis geneem vir die verkoop van skedule 5-medikasie sonder lisensie, en die verkoop van daarvan op ’n plek anders as by ’n apteek.
Speurders het inligting ontvang oor die paartjie wat glo Painagon-hoesstroop en Mylan Alprazolam 1.0 mg-tablette by ‘n huis in Sasolburg verkoop. Toe die huis deursoek is, is 58 vol bottels Painagon-hoestsiroop en 22 vol houers Mylan Alprazolam 1.0 mg-tablette gekry.
Die paartjie is in hegtenis geneem en die medikasie gekonfiskeer. Hulle sal Woensdag in die landdroshof in Sasolburg verskyn, het sersant Josephine Rani gesê.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



