Local newsNews

Bykans 2 000 polisiebeamptes gereed vir uitplasing

Die polisiebeamptes wat hul opleiding voltooi het, is by vyf verskillende uitpasseringsgeleenthede ingehuldig.

Tweehonderd ses en tagtig nuut opgeleide polisiekonstabels, onder wie 215 vroue het hul opleiding aan die SAPD Akademie in Mankwe in die Noordwes provinsie voltooi, en is Vrydag amptelik ingehuldig tydens die uitpasseringsgeleentheid.

Die Noord-Kaapse polisiekommissaris, luitenant-generaal K. Otola, wat die parade bygewoon het, het gesê dat die opleiding van die nuwe konstabels deel is van die regering se pogings om die SAPD te versterk en polisiesigbaarheid in alle gemeenskappe te verbeter, en misdaadbekampingsinisiatiewe te bevorder.

Inhuldiging van nuwe polisiebeamptes
Bykans 2 000 polisiebeamptes het hul oopleiding voltooi en sal by polisiestasies regoor die land geplaas word. Die foto is by die Noordwes-provinsie se inhuldigingsgeleentheid geneem.

Die konstabels vorm deel van ‘n totaal van 1 919 polisiebeamptes wat by vyf verskillende uitpasseringsgeleenthede ingehuldig is na voltooiing van hul opleiding, en wie by polisiestasies oor die land geplaas sal word.

Die inhuldigingsgeleentheid van nuwe polisiebeamptes in die Noordwes-provinsie is Vrydag gehou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button