Die Sanesa Saddleseat nasionale kampioenskappe is die afgelope naweek by die AfriDome in Parys gehou met drie Parys-ruiters wat hul vernuf in die vertoonklasse gewys het.
Carmene Vermeulen behaal as Rising Star ‘n eerste plek in Performance Riding, en tweede plek in Equitation, terwyl Haley-Ann Janse van
Vuuren (Rising Star) twee derde plekke ingepalm het. Olivia Dedwith het in die Vlak 1-ruiterklasse waaraan sy deelgeneem het, twee plasings gekry.
Carmene Vermeulen op Cloverleaf True Believer by die Sanesa Saddleseat nasionale kampioenskappe. Sy het benewens haar eerste en tweede plekke wat sy behaal het ook ‘n Sanesabaadjie en balkie ontvang.
Volgens Dale Janse van Rensburg, Sanesa Saddleseat nasionale voorsitter, het 50 ruiters en 70 perde uit Gauteng, Mpumalanga, Oos-Kaap, Vrystaat en
Noordwes aan vanjaar se kampioenskappe deelgeneem.
Die kampioenskappe word die afgelope vyf jaar in Parys gehou.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.